Reëls
Daar is tans geen aktiewe kompetisies nie.
Vorige kompetisies:
- Die kompetisie open op 24 November 2012 en sluit op 28 Februarie 2013.
- Wenners sal in Maart 2013 op dié webblad aangekondig word.
- Jy mag klankopnames vir soveel van die 100 gedigte op dié webblad skep as wat jy wil.
- Jy mag vir jou eie klankopnames stem.
- Jy mag in totaal vir 10 klankopnames stem.
- Jy mag in totaal vir 10 gedigte stem.
- Enige burger van Suid-Afrika behalwe werknemers van Leserskring, RSG en By mag aan die kompetisie deelneem.
- Wanneer jy ’n klankopname van ’n gedig op dié webblad skep en laai, word die kopiereg op dié opname na Media24 oorgedra. Alle regte op dié opname sal voortaan aan Media24 behoort.
- Klankopnames van gedigte mag nie afgelaai of elders versprei word nie, maar dit mag wel op dié webblad geluister word.
- Foto’s en gedigte verskyn met vergunning van NB-uitgewers, die digters en hul erfgename. Digtersprofiele verskyn met vergunning van NB-uitgewers en LitNet. Kopiereg word voorbehou.
- Die beslissing van die beoordelaars sal finaal wees en geen korrespondensie sal oor die uitslae van die kompetisie gevoer word nie.
- Deur in te skryf gee jy toestemming dat jou identiteit bekend gemaak word vir bemarkingsdoeleindes, indien jy ’n prys sou wen.